Jy is Vergewe [Afrikaans]

$13.99

In hierdie 8-weke Lief God Grootliks Bybelstudie, sal jy leer hoe Jesus die vergifnis van sondes vir ons verkry het, en wat dit beteken in ons daaglikse lewens. Ons sal baie van die verskillende fasette van vergifnis ondersoek, insluitend: Hoekom het ons dit nodig? Hoe ontvang ons dit? Wat is die omvang van ons vergifnis, en hoe moet dit ons verander?

Description

In hierdie gebroke wêreld word ons almal geraak deur skaamte, skuld en moeilike verhoudings. Maar God het ‘n beter weg. Of jy vergifnis en ‘n nuwe lewe benodig, wat Jesus aan elkeen van ons uitreik, of as jy smag na verhoudings wat vry is van blaam en onenigheid, dan is hierdie boek vir jou. Deur die lens van God se Woord, plus ware verhale, herinner Jy Is Vergewe lesers op ‘n aangrypende wyse dat wat Jesus aan die kruis gedoen het, die enigste ding is wat ons bevry van die tronk van onvergewensgesindheid… Aan die kruis het Jesus genoegdoening verkry vir God se toorn. Aan die kruis het Jesus ons boete betaal. Aan die kruis is Jesus gestraf vir ons sondes. Aan die kruis het Jesus die krag van sonde en die vervloeking van die dood vernietig. En aan die kruis het Jesus vergifnis verseker vir dié wat in Hom glo. In hierdie 8-weke Lief God Grootliks Bybelstudie, sal jy leer hoe Jesus die vergifnis van sondes vir ons verkry het, en wat dit beteken in ons daaglikse lewens. Ons sal baie van die verskillende fasette van vergifnis ondersoek, insluitend: Hoekom het ons dit nodig? Hoe ontvang ons dit? Wat is die omvang van ons vergifnis, en hoe moet dit ons verander? Gebruik jou Joernaal soos ons saam in die Skrif delf…lees en skryf wat God in ons harte spreek.

You may also like…

Grab a journal, build a community,
change women's lives.

Shop our Bible study for women, Triumph Over Trials: 1 & 2 Peter!

Thanks! Make sure you like our Facebook / Instagram / Pinterest pages - and let us know if you'd like to get involved with sharing God's Word with women globally!

Pin It on Pinterest