WELKOM BY ONS GEMEENSKAP
Dit is ons hartsbegeerte om gratis Bybelstudie-hulpbronne aan julle te voorsien, en om julle terselfdertyd te help om ‘n liefdevolle gemeenskap van vroue in julle taal op te bou of te vind. Ons Bybelstudie-hulpbronne is in meer as 20 tale beskikbaar.
WAT IS LOVE GOD GREATLY?
Love God Greatly is ‘n wêreldwye bediening wat vroue help om God groots lief te hê met hul lewens… een Bybelstudie, een vertaling, een vrou op ‘n keer.
DIE HART VAN ONS BEDIENING
Die stigter van Love God Greatly, Angela Perritt, vertel van haar passie vir die bediening, en oor die oorvloedige liefde van God vir vroue oor die wêreld heen.
ONTMOET ONS VERTALERS
Love God Greatly studies kan afgelaai word in meer as 20 tale. Dit is slegs moontlik deur die goedgunstige werk van vroue reg oor die wêreld wat die LGG studies in hul eie tale vertaal. Kyk na hierdie video om van hulle verhale te hoor.

ONS VERHAAL
Om vroue te help om God groots lief te hê met hul lewens…
een Bybelstudie, een vertaling, een vrou op ‘n keer.
Dit beteken ongelooflik baie om elke dag se studie te kan doen in jou eie taal. Ek sien uit om elke dag se nuwe verse te lees en Velia se SOAP daarvan. Dankie Velia en Jerine! My geestelike lewe het verryk vandat ek dit saam jul doen en my verhouding met God het verdiep. Ek geniet hierdie studie verskriklik!
Ria
Ek kan net die Almagtige Vader dank dat Hy my pad met julle s’n laat kruis het op Facebook.
Juandre
SLUIT AAN BY ONS GEMEENSKAP
Ons kom liefdevol saam en verenig vir hierdie doel…
om God groots lief te hê met ons lewens…
Love God Greatly begin met ‘n eenvoudige Bybelleesplan, maar dit eindig nie daar nie. Sommige vroue kom plaaslik in huise en kerke bymekaar, terwyl ander aanlyn met vroue van reg oor die wêreld bymekaarkom.
DIE BEHOEFTE
Ons wil jou uitnooi om meer betrokke te raak as om net die studies te doen. Word ‘n vennoot en dra so by tot die vertaling van ons studies.
Vroue wat kan help om ons studies, dagstukkies en blogs van Engels na Afrikaans te vertaal.
Wil jy graag ander vroue help om in hulle geestelike lewe te groei? ‘n Fasiliteerder is ‘n vrou wat haar eie LGG Afrikaans groep begin en die studies lei. Dit kan ‘n Facebookgroep, e-posgroep, Whatsappgroep of ‘n groep by jou huis of kerk wees. Ons stel ons hulpbronne en leiersopleiding aan jou beskikbaar om jou te help.
Weet jy hoe om Photoshop, Power Point of enige aanlyn grafiese program te gebruik om die nodige grafiese werk vir elke Bybelstudie te doen?
Indien jy belangstel om in enige van die bogenoemde areas te help, stuur asseblief ‘n e-pos aan: [email protected]
BYBELSTUDIES
Beskikbaar in AFRIKAANS!

BLYWENDE HOOP

NIE GEMAAK OM ALLEEN TE WEES NIE

HY SIEN, HY KEN, HY GEE OM

DIE BELANGRIKHEID VAN GEBED

die god wat herstel

KOM HERE JESUS, KOM

KIES GOD, NIE DIE WÊRELD NIE

VOLKOME OORGAWE

VERTROU GOD TE MIDDE VAN SWAARKRY

ONS SEKURITEIT VIR DIE EWIGHEID

IN JESUS IS JY…

VRIENDSKAP

IN DIE BEGIN

DIE EVANGELIE VAN MARKUS

VERLOS VAN SKANDE

EWIGE VERBOND

JESUS, ONS ALLES

KEN DIE LIEFDE

IN SY KRAG

VREES EN ANGS

OPGESTAAN

NADER TOT GOD

SALIGSPREKINGE

ESTER

WOORDE MAAK SAAK

WANDEL IN OORWINNING

MIGA

GETROUE LIEFDE

WEES DAPPER

VERLOSSER

BELOFTES VAN GOD

JONA

WAARHEID OORWIN

1 & 2 TESSALONISENSE

JAKOBUS

SY NAAM IS

FILIPPENSE

1 & 2 TIMOTEUS

TOEGEWY

RUT

GEBROKE EN VERLOS

WANDEL IN WYSHEID

GOD MET ONS

JY IS VERGEWE

DAWID

PREDIKER

GROEI DEUR GEBED

NAME VAN GOD

GALASIËRS

PSALM 119

1 & 2 PETRUS

GEMAAK VIR VERHOUDINGS

DIE PAD NA KERSFEES

DIE BRON VAN DANKBAARHEID
SLUIT AAN BY ‘N LOVE GOD GREATLY AFRIKAANS GROEP
Om aanlyn saam met ander vroue Bybelstudie in Afrikaans te doen, sluit aan by ons private Facebookgroep.