Gebroke & Verlos: ‘n Studie Oor Die God Wat Ons Lewensverhale Verlos [Afrikaans]

$11.99

In hierdie ses-weke Lief God Grootliks studie, word jy uitgenooi om die goedheid van God te sien soos Hy Sara onthou deur haar jare van onvrugbaarheid. Kom sien hoe Hy vir Naomi sorg wanneer sy verlies en eensaamheid moet hanteer. Kom sien ons groot God wat vir Moses moed gegee het, vir Paulus ware ywer, en vir die vrou wat egbreuk gepleeg het, vergifnis en die kans op ‘n nuwe lewe. Al die mense wat ons sal bestudeer – en ons ingesluit – het harte en siele wat redding nodig het.

Description

Gebroke…Dit beteken om beskadig te wees, of nie meer in ‘n behoorlike werkende toestand te wees nie. Jy sien dit in siekte wat ‘n energieke en lewendige liggaam verwoes. Jy sien dit in families waar huwelike verbrokkel. Jy sien dit in verhoudings wat ly as gevolg van opsetlike, of selfs onopsetlike wonde. Gebrokenheid is oral rondom ons. Maak nie saak hoe hard ons probeer nie, ons kan dit nooit ontvlug nie, want ons dra almal gebrokenheid in ons. En dit is alles weens sonde.Reg deur die Skrif lees ons verhale van gebroke mense. Maar die skoonheid van God se Woord is dat dit nie net ‘n verhaal van tragedie is nie. Reg deur die Bybel is ook die grootste verhaal van verlossing geweef.In hierdie ses-weke Lief God Grootliks studie, word jy uitgenooi om die goedheid van God te sien soos Hy Sara onthou deur haar jare van onvrugbaarheid. Kom sien hoe Hy vir Naomi sorg wanneer sy verlies en eensaamheid moet hanteer. Kom sien ons groot God wat vir Moses moed gegee het, vir Paulus ware ywer, en vir die vrou wat egbreuk gepleeg het, vergifnis en die kans op ‘n nuwe lewe. Al die mense wat ons sal bestudeer – en ons ingesluit – het harte en siele wat redding nodig het. Uiteindelik sal ons vind dat die antwoord vir al ons gebrokenheid –maak nie saak wie ons is of wat ons gedoen het nie – is Christus self. Kry jou geliefkoosde koeldrank of koffie of tee, maak jou Bybel oop en laat ons saam verheug met die gebrokenes en verlosdes van God… lees en skryf wat God in jou hart spreek tydens die studie.

You may also like…

Grab a journal, build a community,
change women's lives.

Thanks! Make sure you like our Facebook / Instagram / Pinterest pages - and let us know if you'd like to get involved with sharing God's Word with women globally!

Pin It on Pinterest