Privaatheidsbeleid (GDPR)

Insameling, Gebruik en Deel van Inligting

Ons is die alleeneienaars van die inligting wat op hierdie webtuiste ingesamel word. Ons het slegs toegang tot en versamel alleenlik inligting wat u op ‘n vrywillige basis verstrek via e-pos of via ‘n intekeningbladsy, of ander direkte kontak van u, soos ‘n versoek vir hulp. Ons sal nie hierdie inligting verkoop of verhuur aan enige iemand nie. Ons sal u inligting gebruik om op u te reageer, oor die rede waarvoor u ons gekontak het. Ons sal nie u inligting deel met enige derde party buite ons organisasie nie, behalwe as dit nodig is om u navraag uit te voer. Tensy u ons vra om dit nie te doen nie, mag ons in die toekoms vir u e-posse stuur oor spesiale aanbiedings, nuwe produkte of dienste, of veranderinge aan hierdie privaatheidsbeleid. 

Bestellings

Ons versoek inligting van u tydens ons bestellingsproses. Om iets van ons te koop moet u kontakbesonderhede (soos naam, e-posadres, en posadres) en finansiële inligting (soos kredietkaartnommer, vervaldatum) verskaf. Hierdie inligting word gebruik vir betalingsdoeleindes en om u bestellings uit te voer. Indien ons probleme het om ‘n bestelling te verwerk, sal ons hierdie inligting gebruik om u te kontak. Daarenbowe, deur ‘n bestelling op ons webwerf te plaas, gee u toestemming dat ons met u kan opvolg via e-pos, om idees en inligting te deel oor verwante produkte wat u mag interesseer. U kan ten enige tyd kies om nie meer hierdie kommunikasie te ontvang nie. 

Webkoekies

Ons gebruik “koekies” op hierdie webtuiste. ‘n Koekie is stukkie data wat gestoor word op iemand wat ‘n webtuiste besoek se rekenaar se hardeskyf, om ons te help om toegang tot ons webtuiste te verbeter en om mense wat herhaaldelik ons webtuiste besoek, te identifiseer. Byvoorbeeld, wanneer ons ‘n koekie gebruik om u te identifiseer, sal u nie meer as een keer ‘n wagwoord hoef te gebruik nie, en dus tyd spaar wanneer u weer bestellings op ons webwerf plaas. Koekies help ons ook om die belangstellings van ons gebuikers te na te gaan en daarop te rig, om die ervaring op ons webwerf te verbeter. Die gebruik van ‘n koekie is op geen manier gekoppel aan enige persoonlike identifiseerbare inligting op ons webwerf nie. 

Vraelyste & Kompetisies

Van tyd tot tyd vra ons webtuiste inligting via vraelyste of kompetisies. Deelname aan hierdie vraelyste of kompetisies is heeltemal vrywillig en u mag kies of u wil deelneem of nie en daardeur hierdie inligting openbaar. Inligting wat gevra word mag kontakinligting (soos naam en posadres) en demografiese inligting (soos poskode, ouderdomsgroep) insluit. Kontakinligting sal gebruik word om wenners te kontak en pryse toe te ken. Inligting uit vraelyste sal gebruik word vir die doel om die gebruik en tevredenheid van hierdie webtuiste te monitor of te verbeter. 

U Toegang tot en Beheer Oor Inligting 

U mag ten enige tyd kies om geen verdere reklame verwante kontak van ons te ontvang nie. U kan op enige tyd die volgende doen deur ons te kontak via chat, of die e-posadres of telefoonnommer wat op ons webwerf verskyn:

  •     *Sien watter data ons oor u het, indien enige.
  •     *Enige data wat ons van u het verander of regstel.
  •     *Vra dat ons enige data wat ons van u het, uitvee.
  •     *Enige kommer wat u het oor ons gebruik van u data uitspreek.

Sekuritei

Ons neem voorsorgmaatreëls wat aan die standaarde van die industrie voldoen om u transaksie verwante inligting te beskerm. Wanneer u sensitiewe inligting via die webtuiste stuur, is u inligting aanlyn en aflyn beskerm. Waarookal ons sensitiewe inligting (soos kredietkaartinligting) insamel, gebruik ons enkripsie en die data word na ons gestuur op ‘n veilige manier. U kan dit bevestig deur te kyk vir die slotikon in die adresbalkie en die “https” aan die begin van die adres van die webwerf. Ons stoor nie u kredietkaartinligting op ons stelsels nie. Terwyl ons enkripsie gebruik om sensitiewe data te beskerm wat aanlyn gestuur word, beskerm ons ook u inligting aflyn. Slegs werknemers wat die inligting benodig om ‘n spesifieke taak (bv. verwerking van betalings of kliëntediens) uit te voer, word toestemming vergun om toegang te hê tot persoonlike identifiseerbare inligting. Die rekenaars/bedieners waarin ons persoonlik identifiseerbare inligting stoor, word in ‘n veilige area gehou. 

Indien u voel dat ons nie aan hierdie privaatheidsbeleid voldoen nie, moet u ons kontak.