Wees deel van die verhaal…

Ons is so bly dat jy hier is! Ons verhaal vertel wat God kan doen deur ‘n span vroue wat elkeen hulle gawes gebruik vir ‘n gemeenskaplike doel. Het jy geweet dat meer as 61% van vroue in die wêreld nie toegang tot Bybelstudiemateriaal of ‘n Bybelstudiegemeenskap het nie? Ons is hier om daardie dringende behoefte te vervul en ons wil jou graag uitnooi om ‘n deel van die verhaal te wees…

MEER AS BYBELSTUDIEMATERIAAL… ONS IS ‘N GEMEENSKAP

Ons begeerte is dat ELKE VROU in ELKE NASIE toegang tot God se Woord in HULLE TAAL sal hê. Om hierdie doel te bereik, het Love God Greatly ‘n netwerk ontwikkel van opgeleide vertalers, wat ons help om al ons Bybelstudies in 30+ tale te vertaal (sien die tale). As ‘n resultaat was ons in staat om honderde Bybelstudiegemeenskappe wêreldwyd te vestig en ons Bybelstudiehulpbronne het nou meer as 100 van die lande van die wêreld bereik!

Ons publiseer jaarliks 6-7 Bybelstudies oor die boeke van die Bybel of spesifieke onderwerpe. Hierdie joernale kan op Amazon gekoop word. Die fondse van die aankope van die Bybelstudiejoernale gaan direk terug in die LGG bediening, en laat ons toe om ons vertalers op te lei en toe te rus soos hulle gemeenskappe bou.

ONDERSTEUN DEUR SKENKERS EN NIE-WINSGEWEND

Die missie van LGG word befonds deur die goedgunstigheid van skenkers en die aanlyn verkope van ons Bybelstudiejoernale. LGG is ‘n 501(c)(3) nie-winsgewende organisasie en word oorsien deur ‘n Raad van Direkteure vir aanspreekbaarheid.

100% van die fondse van Bybelstudiejoernale wat verkoop word gaan terug in die bediening om ons te help om elke studie in meer as 20 tale te vertaal. In ooreenstemming met ons missie om vroue te help om God groots lief te hê met hulle lewens, een Bybelstudie, een vertaling, een vrou op ‘n keer, skenk ons duisende hulpbronne aan vroue wêreldwyd.

30+

TALE

100+

LANDE

500K+

VROUE BEDIEN

SLUIT BY ONS GEMEENSKAP AAN

Ons vou liefdevol ons arms om mekaar en verenig vir hierdie doel…
om God heelhartig met ons lewens lief te hê.

Ons begin met ‘n eenvoudige Bybelleesplan, maar dit eindig nie daar nie. Sommige vroue kom bymekaar in hul huise en plaaslike kerke, terwyl ander aanlyn met vrouens reg oor die wêreld inskakel.