Lyli Dunbar

My selfoon het die bekende melodie begin speel wat aandui dat ek ‘n teksboodskap ontvang het. Ek het die foon opgetel en baie ontmoedigende woorde gelees. Iemand vir wie ek lief was, was in nood. Net ‘n paar dae vroeër is my vriend uit die hospitaal ontslaan na ‘n lang stryd teen COVID. Ek het gedink dat hy oor die ergste was en hy was nou by die huis, maar dinge het skielik ‘n drastiese ommekeer gemaak en hy is inderhaas na die Ongevalle Departement toe gejaag. Sy lewe het nou in die weegskaal gehang.

In die dae wat gevolg het, het ek vuriglik gebid dat God dinge sal omkeer en hierdie man en vader van drie, genees. Dokters kan ‘n diagnose gee en doen wat menslik moontlik is om te doen om genesing te bring, maar slegs ‘n bonatuurlike God kan lewe terugasem in ons longe in.

Hoe ons ons harte posisioneer wanneer ons in pyn verkeer spreek tot ‘n kykende wêreld. Ek het baie geleer uit die geloof-gevulde reaksie van hierdie man se hegte familie. Tydens ‘n gebedsbyeenkoms op Zoom, het sy ma verklaar dat sy glo in die krag van gebed. Hoe meer sy gebid het, hoe meer het sy God se vrede ervaar. Sy het alleen na God gekyk om haar seun van sy siekbed te laat opstaan, sodat hy God se glorie kon bekendmaak. Een dag later het haar Instagram-plasing gesê: “Dankie dat U my staande hou, Here. U is my krag.”

Ek het gejubel toe my foon slegs 48 uur later met die bekende melodie, ongelooflike nuus gebring het. ‘n Man wat 18 dae lank geīntubeer was, het nou op sy eie asemgehaal, middagete geëet en gevra om met sy vrou te praat. Die dokter wat in intensiewe sorg werk, het dit gesê dit is ‘n wonderwerk.

Daar is niemand soos ons God nie.

Teoloog Oswald Chambers het baie wyse raad gehad oor gebed: “Ons is geneig om gebed as ‘n laaste uitweg te gebruik, maar God wil hê dat dit ons eerste linie van verdediging moet wees. Ons bid wanneer daar niks anders is wat ons kan doen nie, maar God wil hê dat ons moet bid voordat ons absoluut enige iets doen.”

Wanneer ons elke dag begin deur ons oë op te hef na ons grote God, kan die vyand van ons siele nie ons harte vasvang en ons in slawerny van vrees en twyfel hou nie. Deur te erken dat ons God nodig het vir hierdie dag, bring ons wil in lyn met die soewereine doel van die Almagtige.

Ons kyk nie na die nuus om ons die groot beeld van ons wêreld te gee nie. Ons roep uit na ons alwetende Here vir wysheid.

Ons maak nie staat op die effektebeurs vir sekuriteit nie. Ons weet Jehovah Jireh alleen is ons Voorsiener.

Ons sal nie ons harte oorgee aan die weë van hierdie wêreld nie. Ons verhef die Koning van die Konings bo alles. Niks op aarde kan vergelyk met die glorie van ons God nie.

Met harte wat oorgegee is, kan ons kies om ons ontmoedigende emosies, ons teleurstellings en ons onvervulde drome op die gebedsaltaar neer te lê. Wanneer ons sê: “God, U is groter as selfs hierdie situasie,” spoel ons bekommernis weg en aanbidding versterk ons besluit om in geloof vorentoe te wandel.

In plaas van om oorweldig te wees deur wat ons nie kan verander of beheer nie, kon ons ons behoefte aan God se hulp kommunikeer en vertrou dat Hy vir ons sal veg. Ons omstandighede mag verander, maar ons God faal nooit nie. Ons getroue God heers oor alles en sy planne vir ons kan nie deur menslike planne gedwarsboom word nie.

Vriende, ons lewens hang nooit in die weegskaal nie. Ons word altyd in God se kragtige hande vasgehou.

Ons kan vertrou dat ons Vader altyd met krag reageer op wat ons aan Hom fluister in ons gebede. Hy is ‘n barmhartige God wat ons uitroepe hoor en ons sy krag gee om elke dag te kan aanvat. Kom ons maak gebed ons eerste reaskie en vereer ons Magtige God met harte wat ten volle oorgegee is.