Angela Perritt

Soos jy deur die Bybel lees sal jy sien hoe God kragtig werk deur sy kinders wanneer hulle hulself toewy aan gebed. Ons sien dit aan die begin van Handelinge toe God sy kerk begin het en ons het dit gesien soos Hy wonderbaarlik die gebede verhoor het van diegene wat gewaag het om deur ons kerkgeskiendenis heen, dapper te bid.

Een so ‘n gebed was dié van William Tyndale en sy kort en direkte gebed: “Here, open die Koning van Engeland se oë!” Tyndale, ‘n geleerde in beide Hebreërs en Grieks, het die Bybel vertaal en geglo dat God se Woord in Engels beskikbaar moet wees aan almal in Engeland, van die vorstelike koning tot die ordinêre dienskneg. Hy het geglo dat mense die Bybel vir hulself moet lees en dat God se Woord direk tot hulle spreek, eerder as om op ‘n dominee staat te maak om vir hulle te vertel wat dit sê. Uiteindelik is Tyndale tot doodstraf gevonnis vir sy sienings, maar net voor hy dood is, het hy daardie eenvoudige gebed gebid wat almal wat rondom hom vergader was, gehoor het. Alhoewel hy daardie dag gesterf het, het sy gebed nie saam met hom gesterf nie. Met die verloop van tyd is Tyndale se gebed verhoor. Die koning het sy sienswyse verander en uiteindelik het amper elke huis in Engeland ‘n Bybel gehad wat in Engels vertaal was.

Soos Tyndale, was die vroeë kerk in Handelinge toegwyd aan God se Woord en gebed. Dit was ‘n eenvoudige kerk. Dit het nie ‘n groot gebou gehad om in bymekaar te kom nie, maar het eerder in mense se huise bymekaargekom. Dit het nie ‘n groot begroting gehad om uitreikprogramme te kon instel nie, maar in plaas daarvan het die nuwe Christene uitgereik na diegene wat alreeds in hul lewens was en wat in hulle gemeenskappe gewoon het. Die vroeë kerk het nie eers ‘n aanbiddingspan gehad nie, tog het die mense in hul huise gesing en God aanbid—miskien selfs van tyd tot tyd bietjie vals gesing. En tog, ten spyte van alles wat die kerk nie volgens ons moderne standaarde gehad het nie, wat dit wel gehad het was ‘n groep mense wat toegewyd was aan ‘n paar eenvoudige “aktiwiteite.” Hierdie gemiddelde, normale mense het hulself toegewy aan vier aktiwiteite:

    1. Hulle was ernstig daaroor om van God te leer.
    2. Hulle was doelgerig om tyd in hulle dag te maak om saam met ander gelowiges te wees.
    3. Hulle het doelgerig maaltye saam geëet.
    4. Hulle het saam gebid.

God het daardie eenvoudige, alledaagse mense met hul gewone, alledaagse aktiwiteite gebruik en Hy het sy kerk geseën en dit het gegroei. In een dag alleen, het 3000 mense Christene geword en van daar af het dit soos ‘n veldbrand versprei, die wêreld in.

Terwyl ek lees en dink aan daardie vroeë kerk in Handelinge, wonder ek wat God deur ons generasie kan doen as ons teruggaan na ons wortels, terug na daardie vier eenvoudige aktiwiteite… wat kan Hy in hierdie generasie doen as ons onsself toewy soos daardie vroeë baanbrekers met hulle passievolle gebede?

Dít is die hart en passie agter hierdie studie: om na God te kom en ons gebede na Hom te bring soos die vroeë kerk gedoen het. Soos hulle, moet ons toegewy wees aan gebed. Ons moet ons alles gee en verwag dit God ons gebede sal beantwoord, want Hy sal. Dit mag dalk nie altyd op ons tydsberekening wees, of op die manier wat ons verwag nie, maar Hy sal antwoord.

Kom ons wy onsself dus toe aan gebed, net soos die vroeë kerk in Handelinge. Kom ons begin vandag om gebed ‘n prioriteit in ons lewens te maak en ‘n daaglikse aktiwiteit op ons kalender.

“Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Jakobus 5:16

Dierbare Here,

Leer ons u weë. Gee ons oë om ander te sien soos hoe U hulle sien. Help ons om ander met U onfeilbare liefde lief te hê. Gee ons hande wat gretig is om U te dien en voete wat in u voetspore volg. Gee ons insig om u Woord te verstaan en ‘n onverdeelde hart wat U liefhet. Stel ons in staat om lief te hê wat U liefhet en te haat wat U haat. Help ons om sterk en dapper te wees en terselfdertyd ook liefdevol en goedgesind. Vul ons met die Heilige Gees en bekragtig ons om U wil te doen. Mag ons leef vir u glorie en nie ons eie nie. Help ons om te onthou dat ons dae getel is en help ons om elke dag te laat saakmaak. Ons tyd hier is kort in vergelyking met die ewigheid saam met U. Mag ons ons oë gefokus op U hou terwyl ons die wedloop hardloop wat U voor ons gestel het! Help ons om U elke dag net meer en meer lief te hê!

Wees heelhartig lief vir God!

Week 1 Uitdaging:

Lees deur die verse wat ons hierdie week gaan bestudeer. Skryf een of twee verse uit op ‘n kaartjie en bid dit elke dag hierdie week tot God.

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers: