Vriende, ons het ver gevorder sedert ons eerste week saam in hierdie studie. Ek wens ons kon rondom die tafel sit en vertel hoe God ons in hierdie bladsye van sy Woord ontmoet het, die oorwinnings wat ons behaal het toe ons opgehou het om weg te kruip agter die masker van volmaaktheid, ook die bemoediging wat ons deel geword het soos ons ervaar het hoe God sy beloftes hou.

Op ons eerste dag saam het ons gelees oor die manier waarop Abram aangesê is om te “gaan” – om dit wat hy ken agter te laat, dit wat goed is, dit wat gemaklik is en die onbekende tegemoet te gaan in die geloof dat God sy beloftes gestand sal doen. In die geloof het Abraham en Sara gekies om te glo dat God sou doen wat Hy gesê het, selfs deur jare van onsekerheid en foute. Hoewel hulle besluite nie perfek was nie, was en sal hulle God altyd perfek wees.

Ons het gesien hoe God sy beloftes aan Abraham en Sara gestand gedoen het en hoe Hy hulle geseën het met ‘n seun, Isak. Nou is ons midde-in sy verhaal, een wat baie weerspieël wat sy vader beleef het. In ons gelese gedeelte vir vandag ontdek ons ​​dat daar ‘n tweede hongersnood in die land was, maar in teenstelling met die opdrag wat Abraham van God ontvang het, word Isak aangesê om te bly.

Miskien was Isak, wat opgegroei het onder die vleuel van ‘n vader wat die geloof gehad het om te “gaan” wanneer hy eerder wou bly, gereed en bereid om “ja” te sê vir die volgende deel van die reis. Om te gaan was vir hom makliker, omdat hy die getrouheid van sy ouers ervaar het, en die reis na God se beloofde land was al wat hy ooit geken het.

Maar om te bly? Terwyl Abraham se geloof gegroei het in die “gaan”, het God geweet dat Isak se geloof in die “wag” sou groei.

Waar Abram aangesê is om “te gaan”, word Isak aangesê om “te bly”. Hierdie is ‘n iets waarmee ek steeds worstel in my geloof en in my lewe. Daar was tye wanneer God my uit my gemaksone geroep het, my gevra het om iets goeds te laat vaar om plek te maak vir iets beters, en my vrese het my teruggehou. Die “wat as” vrae het deur my gedagtes begin rol, die lys redes waarom iemand anders ‘n beter keuse sou wees, ‘n vinnige opsomming van al die foute wat ek al gemaak het en ook die twyfel wat ek gehad het.

In ander seisoene van my lewe was ek passievol en opgewonde oor iets nuuts. Ek het geweet as ek net kon gaan, doen, bou, skep, oortuig of bestuur, sou daardie deure oopgaan en die geleenthede wat ek so graag wou hê, sou onthul word. Wanneer God my oproep om te “bly”, om op Hom te wag, geduldig te wees en geloof te hê terwyl Hy die werk doen in plaas van om my eie agenda op die voorgrond te sit, voel ek gefrustreerd. Die “as ek maar kon …” idees begin deur my gedagtes rol, en ek probeer myself oortuig dat my tydsberekening en talent goed genoeg is om dinge te laat gebeur.

In beide ervarings was God genadig, Hy het saam met my gewandel wanneer ek “gaan” en langs my gebly terwyl ek “wag”.

In watter situasie vra God jou vandag om op Hom te wag? Wat het jy ryp gedruk, ywerig na gestreef, probeer om dit in jou eie tyd te laat gebeur, terwyl God nie wou hê jy moet nou al ervaar nie? Mag jy kies om vandag sy aan sy te wandel met ons volmaakte God, selfs in onvolmaakte geloof, met vertroue en geloof dat sy planne, sy tydsberekening en sy liefde vir jou beter is as wat ons beste ooit kan wees.

Week 6 Uitdaging:

Maak ‘n lys van die maniere waarop God jou geseën het. Maak seker dat jy geestelike seëninge sowel as materiële, fisiese en verhouding seëninge noem. Sy getrouheid in die verlede is ‘n voorbeeld en ‘n belofte vir sy getrouheid in die toekoms. Teken sy getrouheid vandag aan en maak seker dat jy na hierdie lys kyk wanneer dit moeilik voel om Hom te vertrou.

Week 6 Leesplan:

Week 6 Memoriseervers: