Tussen al die gebeure in Markus 14, is daar verse ingesluit oor ‘n vrou, Maria, wat ‘n albaste fles vol olie op Jesus se kop uitgegiet het. Wat kan ons uit hierdie gebeurtenis leer?

  • Dit moet aan ons herbevestig dat Jesus waardig is. Nie oor wat Hy gedoen het of wat Hy sal doen nie. Hy is God wat vlees geword het en daarop alleen gebaseer, is Hy waardig. Hy verdien ons eerbied. Hy verdien ons gebede. Hy verdien ons lof.
  • Dit moet ons noodsaak om te herevalueer hoe ons gee. Jesus het die volgende van hierdie vrou gesê: “Wat sy kon, het sy gedoen” (Markus 14:8). In historiese konteks was hierdie fles olie baie duur (meer as ‘n werker se jaarlikse loon) en dit kon ‘n erfstuk gewees het wat van generasie tot generasie oorgegee is. Opofferende gee is nie iets wat meeste van ons al ooit gedoen het nie (insluitende myself). Haar geskenk was rojaal. Dit is gedoen as ‘n daad van aanbidding en lofprysing, sonder bekommernis vir diegene om haar en sonder hoop van enige persoonlike gewin.
  • Dit demonstreer Jesus op ‘n simboliese wyse as die offerlam vir die mensdom. Omdat die Jode besig was om voor te berei vir die Paasfees, sou hulle reeds die voete van hul Paaslammetjies met olie gesalf het (soos Jesus se voete gesalf is in Johannes 12:3) en twee dae voor Paasfees, sou hulle hul lammers se koppe met olie gesalf het. Jesus het geweet dat sy kruisiging naby was en het gesê: “Sy het vooruit al my liggaam gesalf as voorbereiding vir my begrafnis” (Markus 14:8).

Sy het gedoen wat sy kon. Kom ons doen wat ons kan.

Sara