Toe ek Israel besoek het, was ons besoek aan die Jordaanrivier een van die belangrikste plekke vir my tydens hierdie reis. Dit het niks gelyk soos ek gedink het dit sou nie. Elke keer as ek aan die Jordaanrivier gedink het, het ek ‘n welige rivieroewer voorgestel, vol groen bome en baie gras. Ek het my voorgestel dat ek ‘n magtige rivier sou sien, helder en vloeiend, vol lewe en skoonheid.

Dit is nie wat ek gesien het nie.

Die Jordaanrivier, ten minste waar ons was, was smal. Op die oewer het ‘n groot amfiteater wat na die water lei, gestaan en die water was donker en vuil. Toe ns enkel diep in die water staan, kon ons nie ons tone sien nie. Die amfiteater is gebou om die groep toeriste te huisves wat na die plek in die Jordaan gaan kyk waar daar gedink is at Jesus daar deur Johannes gedoop is.

Alhoewel die toneel voor my drasties anders was as wat ek voorgestel het, was ek nogsteeds tot trane gedryf. Jesus, die Seun van God en die Verlosser van die wêreld, is op ‘n nederige, gewone plek in die rivier gedoop. Hy het sy bediening op ‘n gewone, alledaagse plek begin. Ek is herinner en in ontsag oor sy nederigheid. As die Seun van God, kon Hy al die seremonie en omstandighede geëis het wat nodig was om die hele wêreld te vertel dat Hy hier was. In plaas daarvan het Hy ‘n nederige plek in ‘n rivier gekies.

Dit was die begin van Jesus se bediening. Nadat Jesus in die water van die Jordaanrivier gedoop is, het die Heilige Gees soos ‘n duif op Hom neergedaal (Lukas 3:21). Toe word daar ‘n stem uit die hemel gehoor wat sê: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My” (Lukas 3:22). Deur hierdie salwing uit die hemel laat God diegene wat by Jesus was weet wie Hy was. Johannes die Doper het oor Jesus getuig en gesê: “Ek het dit self gesien en daarom getuig ek: Hy is die Seun van God” (Johannes 1:34). Hierdie gebeurtenis was die begin van Jesus se bediening op aarde. Na sy doop het Jesus die komende Koninkryk van God verkondig, die siekes genees en sy dissipels geroep.

‘n Ander nederige plek in Jesus se bediening is die plek waar Hy gekruisig is. Die vermoede ligging van Jesus se kruisiging is ‘n plek wat vandag binne die stadsmure van Jerusalem is, maar ten tyde van Jesus was hierdie plek ‘n klein klipgroewe net buite die stadspoort. Daar was niks besonders of spesiaals daaraan nie. Dit was die plek waar die Romeinse amptenare misdadigers wat hulle wou verneder, genadeloos sou vermoor. Dit was beslis geen plek om ‘n koning te begrawe nie.

Die plek van Jesus se kruisiging het niks gedoen om die betekenis van die gebeurtenis te verminder nie. Sy bloed is op ‘n nederige, onindrukwekkende plek in Jerusalem gestort, maar die omvang van sy offer het alles verander. Jesus het ‘n sondelose lewe geleef en gesterf om vir die sondes van almal te betaal.

As gevolg van Jesus se Godheid, dek Sy offer ons vir ewig. Omdat Jesus ewig is, dek Sy offer die ewige skuld wat ons verskuldig is weens ons sonde. As gevolg van Jesus se menslikheid, kon Hy ons plek inneem. God kan nie sterf nie en deur hierdie menslikheid aan te neem, het Jesus die dood wat ons almal verdien het, gesterf.

In 1 Johannes 5: 5-12 bevestig Johannes hierdie getuienis oor Jesus: Jesus is die Seun van God en die enigste weg na die ewige lewe is deur Hom. Johannes het in hierdie brief valse leringe bespreek wat in die kerk begin is. Sommige het gesê dat Jesus nie volkome God is nie, dat Jesus ‘n man was wat God gekies het om sy boodskapper te wees. Sommige het gesê dat Jesus nie volkome menslik was nie en dat Jesus God was en nie die volheid van die mensdom aangeneem het nie.

Jesus se Godheid en Jesus se menslikheid kan nie van mekaar geskei word nie. Hy is die Seun van God. Hy is volkome God; Hy is nie deel van God of ‘n “tweede beste” god nie. Jesus is God. Jesus is volkome menslik. Hy is ‘n Joodse man en Hy moes leer stap, praat en eet. Hy was ‘n kind, ‘n adolessent en ‘n man. Sonder die volheid van sy Godheid is sy getuienis oor Homself ‘n leuen. Sonder die volheid van sy menslikheid, sou Hy nie in ons plek kon sterf nie.

Dit is die boodskap van Johannes in 1 Johannes 5: 5-12. Johannes het verduidelik hoe Jesus presies was wie Hy gesê het: Hy is die Seun van God. Jesus is volkome mens en volkome God. Johannes het verduidelik hoe die getuienis oor Jesus bevestig word deur sy doop (water), sy dood (bloed) en die Heilige Gees. Hierdie drie dinge gee ons die onwrikbare getuienis van wie Jesus is: die Seun van God wat die ewige lewe het.

En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.

 -1 Johannes 5: 11-12

Dit is die getuienis: Jesus is die Seun van God. Sonder Jesus het ons nie die ewige lewe nie. Terwyl die hipostatiese unie (die Godheid en die menslikheid van Christus) nie altyd ‘n maklike begrip is om te begryp nie, kan ons in die waarheid dat ons die ewige lewe by Jesus het, berus. Sy getuienis is waarop ons ons lewens bou en sy getuienis sal altyd waar wees.