“…en hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan. Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van ‘n seker Tirannus samesprekinge gehou.  En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.”

(Hand. 19-8-10)

 ‘n Paar maande gelede was ek by ‘n skemerkelkie saam met vriende. Ons het aan tafel gesit saam met vriende en kennisse, maar daar was een paartjie aan die tafel wat niemand van ons geken het nie. Nadat ons bietjie gesels het, kom ons agter dat sommige van ons na dieselfde kerk gegaan het. Ons nuwe vriend aan tafel het vertel dat hulle na die dorp getrek het, maar dat hulle nie regtig in die hele kerk-idee belang gestel het nie, aangesien hulle so baie mense geken het wat deur die kerk seergemaak is. My vriendin, Katy, wat vreesloos is (en ‘n wonderlike voorbeeld van ‘n vrou wat vervul is met die Heilige Gees) het nie ‘n oomblik geaarsel nie.

“Vertel my meer.” Sy wou meer weet van hulle verhaal in die mees nie-bedreigende en sagste manier denkbaar.

Katy was vreesloos, nuuskierig en in voeling met die werk van die Heilige Gees. Haar liefde vir God en mense is aansteeklik, en alhoewel sy nie reis van stad tot stad nie, neem sy deel aan God se werk hier in ons dorp.

Somtyds, wanneer ek die boek Handelinge lees, word ek getref deur hoe anders my lewe is van die lewe van die apostel Paulus. Sy enigste missie was om Christus te verkondig en hy het van dorp tot dorp gereis om die goeie nuus te verkondig. Hy het dit gedoen met ‘n ongelooflike fokus – iets waarop ek ongelooflik jaloers is. Ek het vier kinders, so ek reis nie deesdae veel nie, maar ek sien onderwysers, supermark-klerke, bure en vriende. Alhoewel ons almal se omstandighede verskil, is ons doel dieselfde as Paulus s’n: om die goeie nuus van Jesus Christus te verkondig.

Die groot opdrag sê: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld”

(Mat. 28:19-20). Dit is nie net Paulus se opdrag nie, maar ons s’n ook. Dit is wat ons vriendin Katy aangemoedig het om haar storie van goedheid en genade te deel. Dit is wat ons motiveer om, soos Paulus, vreesloos te wees wanneer ons die Goeie Nuus verkondig.

Ons missie, of ons werkgewers, base, moeders of vriende is, is om die goeie werk wat Christus vir ons gedoen het in ons lewens, te verkondig. Van ons sal reis van stad na stad, terwyl ons op die Heilige Gees staatmaak om ons te lei. Baie van ons bly in dieselfde dorp en maak staat op die Heilige Gees om ons te lei in ons woorde wanneer ons kommunikeer met ons mede-werkers, kinders, bure en ander mense wat die Here oor ons pad bring.

Ons kan maklik na die boek van Handelinge kyk en dink dat Paulus se vreeslose missie om die Evangelie te verkondig net vir sy tyd en seisoen bedoel was. Maar net soos die Goeie Nuus van Jesus lewens in die eerste eeu verander het, so verander dit steeds lewens vandag.

 Hierdie week, terwyl jy Handelinge lees, laat die getuienis van Paulus en die werk van die Heilige Gees, jou bemoedig. Spandeer tyd in gebed en vra God om jou dapperheid te  gee in die areas waar Hy jou geplaas het. Vra God om jou te help om te luister na die Gees se leiding in jou eie lewe en die lewens van ander. En onthou God se belofte aan ons wanneer jy gaan om die Goeie Nuus te verkondig: Hy is altyd by ons, tot aan die einde van die aarde.

Week 5 Uitdaging:

Ons word beveel om dissipels van alle nasies te maak. Wat doen jy vandag om dissipels te maak? Wat kan jy hierdie week doen om aan te hou om die evangelie te versprei en dissipels te maak?

Week 5 Leesplan:

Week 5 Memoriseervers: